Liewe Annemarie

Ek dink nou al weke lank aan hoe om die email te formuleer dat dit reg laat geskied aan die uitmuntende diens wat jy met my troue gelewer het. Jy was soveel meer as net ‘n professionele diensveskaffer. Deur jou ongelooflike aandag aan detail, soek en weer soek totdat ons die regte venue gekry het, en elke ekstra myl wat jy gestap het om my troue volmaak te maak – skiet woorde ver tekort om ‘n geskrewe verwysing te doen.

Laat ek probeer om ‘n paar dinge op skrif te plaas. Ek sou egter verkies om persoonlik met voornemende bruide of hul ouers te gesels om werklik ‘n eerlike en opregte verwysing te doen. In elk geval hier begin ek:

Ek het Annemarie omtrent een jaar voor my troue gekontak om uit te vind of ek die dienste van ‘n professionele ‘wedding planner’ kan bekostig. Ek het ‘n begroting aan haar genome en sy het ingestem om my te ontmoet om my behoeftes te bespreek. Ons het eers per e-pos gekommunikeer en ek het net een vereiste gehad, naamlik dat die troue uiters stylvol moet wees. Dit was nogal ‘n ‘tall order”, aangesien die meer stylvolle venues, die duurste was in Johannesburg. Ek kan aan niemand verduidelik hoeveel moeite Annemarie gedoen het om vir my elke stylvolle venue in Gauteng op te spoor en met die bestuur te onderhandel om die beste pryse te beding vir my troue nie. Dit het haar waarskynlik drie maal langer geneem as die normale troue. Ten spyte hiervan, het sy egter ten tyde van elke onmoeting en afspraak professioneel gebly en binne 24 uur vir my gedetaileerde e-pos kommunikasie terugvoer gegee van elke onderhandeling en prysstruktuur. En moenie vergeet dat sy tussen-in nog vele ander troues behartig het, verhuis het en daarna Kaap toe getrek het nie. Dit het egter geen afbreuk gemaak en haar dienslewering en werksetiek nie.

Dit het ons omtrent 4 maande geneem om uiteidelik op die Westcliff hotel te besluit die venue wat ek in elk geval altyd in my agterkop gehad het as die ideale venue.

As ek aan iemand kon verduidelik wat Annemarie ingesit het om met Café Fleur te beding om my blomme te organiseer sou ek nie reg laat geskied nie – ek vertrou dus dat voornemende bruide na my fotos kyk en dat dit vanself sal spreek. Die algehele “look and feel’ was presies waarvan ek nog altyd gedroom het.

Annemarie het ook baie moeite gedoen om die regte musiek, fotograaf, skryfbehoeftes en grimering diensverskaffers aan te beveel. Omdat sy reeds bestaande verhoudings met bogenoemde diensverskaffers opgebou het, wat almal uiters professioneel en het uit hul pad gegaan om ‘n klient van Annemarie na die beste van hul vermoe tevrede te stel.

Laastens wil ek ook net se dat op die dag van my troue, Annemarie al vroegoggend by die venue was en onverpoosd toegesien het dat elke diensverskaffer 100% op standaard en op tyd lewer. As projekbestuurder kan ek Annemarie dus altyd vertrou en aanvebeel.

My verhouding met Annemarie het egter nie tot ‘n einde gekom na die uiters suksesvolle afloop van my troue nie, maar ons het ‘n baie spesiale vriendsap ontwikkel en doen steeds besigheid saam. Ek vertou Annemarie in enige professionele of persoonlike hoedanigheid en kan getuig dat sy ‘n person van ongelooflike integriteit en betroubaarheid is.

Het die troue my meer gekos as begroot? Ja absoluut. Hier moet ek egter verduidelik dat ek aanvanklik begroot het op slegs 50 gaste en uiteindelik meer as 70 gaste teenwoordig gehad het. Ek het ook op die laaste minuut heelwat ekstras aangevra, wat nie binne ons aanvanklike projekplan was nie.

Sonja Maher

I've had a wonderful experience recently working with La Promesse Wedding Planners/Co-ordinators for my wedding, specifically Annemari. Her efficient and professional conduct made planning my wedding so much easier, and she was very patient with helping me realise the ideas I had for my wedding. Annemari is easy to work with and gave feedback timeously as well as assisting with sourcing different quotes.

Everything ran smoothly and according to plan on our big day and I highly recommend her services to other brides.

Dineo .V. Loseth

To whom it may concern,

I approached the lovely ladies from Lapromesse last year, in the midst of planning my wedding. They listened to all my ideas with an open mind and were so accommodating and helpful. They always understood exactly what I wanted and turned my wedding vision into reality.

They are understanding and kind women who go to the ends of the world to give a bride her dream. I could not have asked for a better experience with Lapromesse. They were such a pleasure to deal with and are true experts in their field. My tables and flowers were so incredibly beautiful and unique.

The ladies of Lapromesse all have exquisite style and taste and are warm while still being very professional. Any girl would be lucky to have these ladies involved in their big day. I know I was!

Taryn Theron

Copy Protected by Chetans WP-Copyprotect.